Friday 22 May 2009

500 000 IS OM DIE DRAAI

Net 9 000 om te gaan. Dan’s hy by 500 000.

Dis Lucas Rinken (links) se e-SAGI (elektroniese Suid-Afrikaanse Genealogiese Indeks) – ‘n projek van die Wes-Gauteng-tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika.

Lucas is al jare lank besig met dié databasis. Menige genealoog het al sy soektog na voorouers met behulp hiervan beëindig.

Met inligting wat hy van oral in die wêreld kry, het Lucas veral in die afgelope klompie maande die databasis vinnig laat groei. In September 2008 het dit die data van 400 000 bevat. Binne agt maande het dit met 100 000 gegroei.

Hy het dit reggekry met ‘n aantal helpers wat hom getrou bygestaan het.

Een van sy groot uitdagings is om duplikate deur te werk. In die jongste paar weke was daar nie minder as 5 176 sodaniges wat hy moes bekyk.

“Ek was dikwels naby aan tou opgooi. Dis sieldodende werk om paar na paar deur te werk, te besluit wat behou moet word en waarvan vergeet kan word en dan weer die volgende paar te pak, paar na paar na paar.

“Hulp en ondersteunende e-posse het my die moed gegee om deur te druk ek uiteindelik vorentoe te kan kyk. Sover ek weet, is die lêer nou skoon van moontlike duplikate. Dit los my met 491,336 name en gee my die geleentheid om die aanslag op 500,000 in alle erns aan te pak.

e-SAGI is voorwaar 'n hulpmiddel wat vir die ernstige genealoog onontbeerlik is. Die databasis word met die genealogiese program LEGACY gelees. Die standaard-weergawe van dié program kan HIER afgelaai word. Dié program is ook by e-SAGI ingesluit.

  • Inligting oor die aard en omvang van e-SAGI is te sien deur HIER TE KLIK.
Die huidige databasis (met die data van 400 000 persone) is op DVD teen R120 plus R15 posgeld beskikbaar. Daar word besef dat baie mense nie oor DVD-lesers beskik nie. Daarom is die databasis ook op twee CD's beskikbaar teen R140 plus R15 posgeld.

Hierdie pryse is vir versending in Suid-Afrika. Versending na die buiteland sal groter posgeld meebring. Pryse moet met Dennis Pretorius bevestig moet word. Bestellings kan ook by Dennis geplaas word. Sy epos-adres is krugersdorp@pixie.co.za. KLIK HIER en stuur nóú 'n epos aan Dennis.

Die beskikbaarheid van die jongste databasis (met 500 000 persone se data) sal aangekondig word sodra dit gereed is.

Monday 18 May 2009

Beendere uit grafte dalk vir moetie gesteel

Nelspruit. – Grafskenders het ’n tweede keer in ses weke op die Kaapsche Hoop-begraafplaas, suid van Nelspruit, toegeslaan.

In die jongste voorval is drie grafte oopgegrawe en die beendere is volgens die polisie vermoedelik verwyder.

Die grafskenders het die grafstene erg beskadig.

Dit kom nadat grafskenders ses grafte net voor die Paasnaweek omgedolwe en weer gedeeltelik toegegooi het.

Niemand is nog in verband daarmee aangekeer nie.

Die Universiteit van Pretoria (UP), wat opgrawings gedoen het, het bevind dat al die beendere uit die ses grafte waarmee gepeuter is, verwyder is.

Die Ngodwana-polisie ondersoek klagte van grafskending.

Die UP gaan môre weer opgrawings in die begraafplaas doen om te bevestig dat beendere in die jongste voorval ook verwyder is, het konst. Ngwako Kgofelo, woordvoerder van die Ngodwana-polisie, die naweek gesê.

Hy het gesê die polisie vermoed die beendere word gesteel vir moetie.

Die beendere word onder meer fyngemaal en misdadigers strooi byvoorbeeld voor ’n rooftog die fyngemaalde beendere oor hul lywe omdat hulle glo dit gaan hulle beskerm teen arrestasie of ander probleme.

Volgens Kgofelo is die polisie al raadop met die probleme by die Kaapsche Hoop-begraafplaas.

“Ons dink daaraan om die naburige Nelspruit-munisipaliteit te nader en te vra om dit te oorweeg om ’n draad om die begraafplaas op te rig,” het Kgofelo gesê.

“Die gemeenskap van Kaapsche Hoop kan ook dalk help met die beveiliging.” -- BEELD, 17 Mei 2009.

Monday 11 May 2009

MONTHLY MEETING: 16 MAY 2009

Date: Saturday, 16 May 2009;

Time: 14:00 to 16:00;

Place: Dutch Reformed Church (NG Kerk), Ontdekkerskruin, Phillips Avenue, Discovery, Roodepoort (Map below);

Subject: The Van Wyks of Tarkastad;

Presenter: Ferdie van Wyk, member of the Northern Transvaal Branch of the GSSA;

Kort CV: Ferdie is gebore in 1942 in Les Marais, Pretoria. Hy is die enigste seun van Tom en Dawie van Wyk (Sy moeder was gedoop Izak Dawid Catharina van der Walt).

Hy matrikuleer in 1960 aan Hoërseunskool Helpmekaar waar hy hoofseun was. In 1962 het hy by die Staande Mag aangesluit. Hy het aan die Militêre Akademie, of te wel die Fakulteit Krygskunde van die Universiteit Stellenbosch gestudeer. Aan Unisa het hy 'n Honneursgraad in Strategiese Studies behaal. Dit het gelei tot ‘n oorplasing na Militêre Inligting. Sy laaste pos in die SA Leër was met die rang van Brigadier verbonde aan die staf van Lt. Genl. Georg Meiring die Hoof van Die Leer.

Op 22 Desember 1992 verneem hy op TV dat hy, twee generaals en nog drie brigadiers deur oud-president FW de Klerk afgedank is.

Daarna het hy hom in die rekenaarbedryf begewe.

Ferdie is getroud met Ina du Plessis. Hulle het drie kinders.

Entrance Fee: R5,00 for refreshments.



CLICK ON THE MAP TO ENLARGE
(SOURCE: Mail and Guardian Online)

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...